Lemon & Lilac Verftegnieke spesialiseer in ‘n wye verskeidenheid verftegnieke en kan al jou unieke idees laat waar word. Ons omskep en vernuwe ou meubels, ingeboude kaste (selfs melamien), mure, kinderkamers en panele om by jou dekor te pas. Ons gebruik ook met trots slegs omgewings vriendelike vernis op al ons werk.

 

Ons besoek jou op perseel (of ontmoet by ons werkswinkel) en adviseer oor kleure, tegnieke en afwerkings. Ons doen dan opmetings en verskaf ‘n gratis kwotasie.

 

Lemon & Lilac Verftegnieke is baie trots daarop om reeds deel te wees van talle suksesvolle projekte in die Kaap-omgewing, insluitend vele privaatwonings in die Arabella Gholf-landgoed naby Hermanus, ‘n projek vir die Rupert-familie, Winelands-landgoed en Boschenmeer in die Paarl, Deltacrest Equestrian-landgoed naby Franschhoek, Val de Vie Wine & Polo-landgoed, wonings en gastehuise van Welgedacht tot Kampsbaai, Atlantic Beach in Melkbosstrand, plaaskombuise in Ceres, Oudtshoorn en veel meer.

 

Ons is ingestel op detail en dekor is ons passie. Ons kliënte kom eerste!

 

Ons kan jou ook voorstel aan betroubare kombuisvervaardigers, bouers, binneversierders, ‘n verskaffer van natuurlike-vesel matte, ‘n meubel restoureerder, skrynwerkers, loodgieters, elektrisiëns ens.

 

Om af te sluit … ons hou van wat ons doen en kan nie wag om van jou te hoor nie!

 

Lisa Spaarwater

Eienaar-bestuurder